Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 10 APRIL 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die nuus met ’n kennisgewing van 'n stil sleutel

Gedurende die week is SARL-nuus ingelig oor die heengaan van Charles Edward Robins, ZS4NX, op 24 Junie 2015.

Ons betuig uit innige meegevoel aan sy vrou, familie en sy vriende.

POUSE

In die nuus vandag,

SARL JEUG NET VANMIDDAG OM 15:00 UTC

‘N BHF SUKSESVERHAAL VAN ZS4A

en

DIE UITSLAE VAN DIE SARL BHF EN UHF KOMPETISIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die maandelikse Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug Net word vanmiddag gehou om 15:00 UTC. Sluit aan by Koos Fick, ZR6KF, op 7 070 kHz. Klubs word uitgenooi om die geleentheid te gebruik om jong persone bloot te stel aan amateurradio deur hulle te nooi om by die geleentheid aan te sluit en onder die toesig van 'n gelisensieerde radioamateur op die lug te praat.

** Die Nasionale Konvensie van die Suid-Afrikaanse Radioliga sal gehou word oor die naweek van 20 tot 22 Mei 2016. Die Sasolburg Radioklub sal die Nasionale Konvensie by Be My Guest gastehuis in Sasolburg aanbied. Kom geniet die Nasionale Konvensie saam met ons. Gaan na die Liga se webwerf by www.sarl.org.za vir meer inligting en die inskrywingsvorms. Ons hoop om julle almal te sien by hierdie groot geleentheid.

** Rickus de Lange, ZS4A, op Bethlehem het verlede jaar Mei by die Gauteng BHF groep aangesluit. Hy is met behulp van 'n geraamte slot (skeleton slot) antenna, ongeveer 2 meter hoog, deur Carl, ZS6CBQ, Krugersdorp gewerk met ’n S3 tot S4 sein oor ’n afstand van 236 km, maar ander in die Gauteng area kon hom nie hoor nie. 'n Maand later was hy suksesvol om Dick, ZS6BUN, en Koos, ZS6BFD, te werk op 144 MHz JT65b. Hy het sy antenna stelsel verbeter en hoër gemaak en in Januarie 2016 is hy op S9 + 20 dB deur ZS6CBQ op 144300 MHz ESB gewerk en kon almal in die Gauteng area werk. Rickus het ook deelgeneem aan die PEARS Nasionale BHF en UHF Contest in Januarie en het die Afdeling 4 kategorie gewen met 46 344 punte. Hy het toe begin op sy EME toring, roteringstelsel en twee 10-element OWL Yagi antennas en het dit sowat twee weke gelede klaargemaak en op 25 Maart 2016 met slegs 160 watt, het hy sy eerste EME stasie, Franko, I2AK, op 144 MHz JT65b gewerk. Rickus, baie geluk op hier puik prestasie.

** Registrasies vir die Mei 2016 Radio Amateur Eksamen sluit op 14 April 2016. Kandidate moet verseker dat die volgende dokumente op die RAE stelsel gelaai is – ’n afskrif van hulle ID-dokument en die OKOSA handtekening vorm. Betalings moet ook voor 14 April 2016 gemaak word.

Die koste is – as jy ouers as 25 jaar is dan is dit R475.00 en as jy 25 jaar en jonger is, is dit R375.00 Navrae kan gerig word aan rae@sarl.org.za

** Węreld Amateurradio Dag, wat jaarliks plaasvind op 18 April, dui die stigting van die Internasionale Amateurradio Unie in 1925 aan. Radioamateurs węreldwyd sal op die lug wees om amateurradio se bydrae aan die samelewing te vier. Die IARU het 'n Węreld Amateurradio plakkaat, in twee groottes: 61 x 91 cm en 'n klein (A4) advertensie beskikbaar gestel wat by www.iaru.org afgelaai kan word. Amateurs word aangemoedig om hul aktiwiteite op sosiale media te bevorder deur die gebruik van die hashtag #WARD2016.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van Regardt Kruger, ZSL1158.

Enige besware teen die aanvaarding van hierdie aansoeke moet die Liga Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Die ledetal van die Liga staan tans op 1 651 lede en 47 geaffilieerde klubs.

** Jy kan aansluit by die Liga vir die oorblywende tydperk van die Finansiële jaar teen slegs R240 as 'n volle lid. As jy 'n pensioenaris is en oor 65 jaar oud is, kan jy aansluit teen slegs R140. As jy nou aansluit sal jy 'n lid wees tot 30 Junie 2016 wanneer die SARL vir jou 'n faktuur stuur vir lidmaatskap vir die volgende jaar. Kry volledige besonderhede op www.sarl.org.za en kies lidmaatskap in die linkerkantste kolom. Vir meer inligting skakel Vonnie by die NARS by 011 675 2393. Sluit aan by die Suid-Afrikaanse Radioliga vandag, dit is die regte ding is om te doen as amateur radio belangrik is vir jou.

** Die tema vir die Mei 2016-uitgawe van Radio ZS is digitale radio. Kry jou artikel by die Redakteur teen 25 April. Dit kan in Afrikaans of Engels en 'n bladsy of ses bladsye. Stuur dit na radiozs@sarl.org.za

** Die uitslae van die SARL BHF en UHF kompetisie gehou op 19 en 20 Maart 2016 is soos volg. Slegs nege logs is ontvang maar daar was 56 stasies op die lug. Geen stasies van Afdeling 1 en 3 het deelgeneem aan hierdie SARL kompetisie nie.

1ste Dick Coates, ZS6BUN - 91 312 punte
2de Carl Minne, ZS6CBQ - 77 080 punte
3de Christo Greyling, ZR6AUI/4 47 007 punte

Basisstasie Onbeperk: Dick Coates, ZS6BUN, - 91 312 punte
Basisstasie Beperk A: Carl Minne, ZS6CBQ - 77 080 punte
Basisstasie Beperk 4 Ure: Koos Greyvenstein, ZS6KSG - 24 769 punte
Veldstasie: Christo Greyling, ZR6AUI /4 - 47 007 punte

Langste afstand:
6 meter - ZS6BUN na ZS2ACP - 881 km digitale met FSK441
2 meter - ZS6BUN na ZS2ACP - 881 km digitale met FSK441
4 meter - ZS6PTA na ZS6ARA - 25 km FM
70 cm - ZS6CBQ na ZR6AUI/4 -152 km SSB

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot matig gaan wees. Nuwe sonvlek AR2529 is relatief groot maar dit wil voorkom of sy magneetveld stabiel is met die gevolg dat daar bykans geen kans vir ernstige sonfakkels is nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 32 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure

Vanmiddag - die SARL Jeug Net om 15:00 UTC op 7 070
14 April - sluitingsdatum vir die Mei RAE registrasies en SARL 80 m QSO-geselligheid logstate
17 April - sluitingsdatum vir Autumn QRP kompetisie logstate
18 April - Węreld Amateurradio Dag
24 April – die ZS4 Naelloop
25 April - sluitingsdatum vir artikels vir die Mei Radio ZS

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die maandelikse Suid-Afrikaanse Radioliga Jeug Net word vanmiddag gehou om 15:00 UTC. Sluit aan by Koos Fick, ZR6KF, op 7 070 kHz. Klubs word uitgenooi om die geleentheid te gebruik om jong persone bloot te stel aan amateurradio deur hulle te nooi om by die geleentheid aan te sluit en onder die toesig van 'n gelisensieerde radioamateur op die lug te praat.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003